Verval van die Bronstydperk

Invalle, verwoesting en die moontlike bewegings van bevolkings tydens die verval van die Bronstydperk, omstreeks 1200 v.C.

Die verval van die Bronstydperk was ’n oorgangstydperk in ’n gebied wat groot dele van Suidoos-Europa, Wes-Asië en Noord-Afrika insluit en oorvleuelende gebiede soos die Nabye Ooste, die Oos-Mediterreense gebied, die Balkan, die gebied om die Egeïese See, Anatolië en die Kaukasus beïnvloed het. Dit het geduur van die laat Bronstydperk tot met die opkoms van die vroeë Ystertydperk. Historici glo die oorgang was gewelddadig, skielik en kultureel ontwrigtend, en het die einde ingelui vir ’n paar beskawings. Die paleisekonomie van die Egeïese streek en Anatolië wat die laat Bronstydperk gekenmerk het, het gedisintegreer en gelei tot die kleindorpse kulture van die Griekse Donker Eeue.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search